2 Chronicles 7:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Salomo het in dieselfde tyd die fees sewe dae lank gehou, en die hele Israel saam met hom, 'n baie groot vergadering, van die ingang van Hamat af tot by die rivier van Egipte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sewe dae lank het hulle by daardie geleentheid feesgevier. Daar was groot skares uit al die stamme van Israel. Hulle was van so ver as Lebo-Hamat in die noorde tot by die Egiptespruit in die suide. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Salomo dan in die tyd die fees gehou, sewe dae lank, en die hele Israel saam met hom, 'n baie groot vergadering, van die ingang na Hamat tot by die spruit van Egipte. |
| Afrikaans 1983 | Salomo, en die hele Israel saam met hom wat gekom het uit die hele land, van Lebo-Hamat af tot by Egiptespruit, 'n baie groot gemeente, het destyds sewe dae lank fees gehou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Salomo het in daardie tyd ook sewe dae lank die Huttefees gevier. Die hele Israel, vanaf Lebo-Hamat tot by die Spruit van Egipte, was saam met hom. Dit was 'n baie groot byeenkoms. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Salomo en al die Israeliete het daardie tyd sewe dae lank feesgevier. Dit was 'n groot volksvergadering, die mense het gekom uit die hele land Israel, van die stad Lebo-Hamat tot by Egipte-spruit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo en al die Israeliete het toe vir die volgende sewe dae lank feesgevier. Dit was ’n reusesaamtrek. Mense het daarheen gestroom van Lebo-Hamat af tot by die Egiptespruit, vanuit die hele land. |