2 Chronicles 7:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priesters het op hulle ampte gewag: die Leviete ook met die musiekinstrumente van die HERE wat koning Dawid gemaak het om die HERE te loof, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid toe Dawid deur hulle diens geprys het; en die priesters het voor hulle op die trompette geblaas, en die hele Israel het gaan staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priesters het hulle aangewese plekke ingeneem, en so ook die Leviete wat gesing het: “Sy goedheid duur vir altyd!” Hulle het die sang begelei met musikale instrumente wat Dawid gemaak het om die Here te prys. Regoor die Leviete het die priesters trompette geblaas terwyl die hele Israel toegekyk het. |
| Afrikaans 1933/1953 | terwyl die priesters op hulle poste gestaan het, ook die Leviete met die musiekinstrumente van die HERE, wat koning Dawid gemaak het, om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is, met die loflied van Dawid wat deur hulle voorgedra is. Intussen het die priesters teenoor hulle op die trompette geblaas, en die hele Israel het gestaan. |
| Afrikaans 1983 | Die priesters het op hulle poste gestaan en so ook die Leviete met die instrumente vir die lied tot die eer van die Here. Koning Dawid het die instrumente laat maak om die Here te loof: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” So was die lofsang van Dawid in die Leviete se hande. Regoor hulle het die priesters die trompette geblaas en die hele Israel het daar gestaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priesters het op hulle plekke gestaan, asook die Leviete met die musiekinstrumente van die Here wat koning Dawid laat maak het om die Here mee te prys met die woorde: “Ja, vir ewig duur sy troue liefde.” Terwyl hulle die loflied van Dawid voorgedra het, het die priesters wat teenoor hulle gestaan het, op hulle trompette geblaas. Die hele Israel het gestaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters het op hulle plekke gestaan, en ook die Leviete met die musiek-instrumente om die lied van die Here te sing. Koning Dawid het die musiek-instrumente laat maak om vir die Here dankie te sê wanneer hy wou hê dat die Leviete die Here moet prys, “want die Here doen altyd wat Hy belowe het.” Die priesters het voor die Leviete gestaan en hulle het trompette geblaas. Al die Israeliete het gestaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priesters het op hulle plekke gaan staan. Die Leviete ook, en hulle het gesing: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” Hulle sang is begelei met die musiek van die instrumente wat Dawid laat maak het om die Here te prys. Toe het die priesters op die trompette geblaas, terwyl al die Israeliete opgestaan het. |