2 Chronicles 7:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe al die kinders van Israel sien hoe die vuur neerdaal en die heerlikheid van die HERE op die huis, het hulle met hul aangesig na die grond gebuig op die plaveisel, en aanbid en die HERE geprys en gesê: Want Hy is goed; want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die hele volk van Israel sien hoe die vuur en die heerlikheid van die Here op die tempel neerdaal, het hulle met die gesig op die grond neergeval en die Here aanbid en geprys: “Hy is goed! Sy goedheid duur vir altyd!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe al die kinders van Israel sien hoe die vuur en die heerlikheid van die HERE op die huis neerdaal, het hulle gekniel met die aangesig na die aarde toe, op die plaveisel, en aanbid en die HERE geprys dat Hy goed is, dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is. |
| Afrikaans 1983 | Toe al die Israeliete sien dat die vuur en die magtige teenwoordigheid van die Here op die tempel af kom, het hulle op die plaveisel gekniel. Hulle het in eerbetoon gebuig en die Here geloof: “Want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die Israeliete het gesien hoe die vuur en die heerlikheid van die Here op die tempel neerdaal. Hulle het met hulle gesigte na die grond gekniel op die plaveisel, en in aanbidding gebuig. Hulle het die Here geprys met: “Want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die Israeliete het gesien dat die vuur afgekom het. Hulle het ook gesien dat die lig oor die tempel is, die lig wat om die Here, die Koning, is. Hulle het toe gekniel op die plaveisel en hulle het gebuig met hulle gesigte teen die grond. Hulle het vir die Here dankie gesê, “want die Here is goed, want Hy doen altyd wat Hy belowe het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe al die Israeliete sien hoe die vuur afgekom en die Here se heerlikheid die tempel gevul het, het hulle met die gesig na die grond toe neergebuig en die Here vereer en geprys. Hulle het gesê: “Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.” |