2 Chronicles 7:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar sal geantwoord word: Omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, wat hulle uit Egipteland uitgelei het, verlaat het, en ander gode gegryp en hulle voor hulle neergebuig en hulle gedien het; daarom het Hy al hierdie onheil oorgebring op hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En die antwoord sal wees: ‘Omdat sy volk die Here, die God van hulle voorouers wat hulle uit Egipte gebring het, laat vaar het en eerder ander gode aangehang, voor hulle gebuig en hulle gedien het. Dit is waarom Hy al hierdie rampe oor hulle gebring het.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal hulle sê: Omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en ander gode aangehang en voor hulle neergebuig en hulle gedien het, daarom het Hy al hierdie onheil oor hulle gebring. |
| Afrikaans 1983 | En die mense sal sê: Omdat daardie volk vergeet het van die Here die God van hulle voorvaders, wat hulle uit Egipte gebring het. Hulle het hulle aan ander gode verbind en voor hulle gebuig en hulle gedien. Daarom het Hy al hierdie groot rampe oor sy volk gebring.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal hulle antwoord, ‘Omdat hulle die Here, die God van hulle voorouers, wat hulle uit Egipteland uitgelei het, verlaat en ander gode aangehang het, in aanbidding voor hulle gebuig en hulle gedien het – dit is waarom Hy al hierdie onheil oor hulle gebring het.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal die mense sê: ‘Dit het gebeur omdat die Israeliete die Here gelos het, die God van hulle voorvaders, die God wat hulle uit Egipte gebring het. Hulle het ander gode gekies en voor hulle gebuig en hulle gedien. Dit is hoekom die Here al hierdie slegte dinge met hulle laat gebeur het.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal die antwoord wees: ‘Hulle het mos die Here, die God van hulle voorouers, verlaat. Dit is Hy wat hulle uit Egipte laat kom het, maar hulle het ander gode vereer. Dít is waarom Hy al die rampe oor hulle gebring het.’” |