2 Chronicles 7:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierdie huis wat hoog is, sal 'n verbasing wees vir elkeen wat daarby verbygaan; sodat hy kan sê: Waarom het die HERE so met hierdie land en met hierdie huis gedoen? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En hoewel hierdie tempel nou indrukwekkend is, sal almal wat verbykom, verskrik wees. Hulle sal vra: ‘Hoekom het die Here sulke verskriklike dinge aan hierdie land en hierdie tempel gedoen?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En hierdie huis wat so hoog was -- elkeen wat daarlangs verbygaan, sal verstom staan en vra: Waarom het die HERE so gedoen met hierdie land en met hierdie huis? |
| Afrikaans 1983 | Ja, hoe verhewe hierdie tempel ook al was vir elke verbyganger, die verbyganger sal dan sy asem intrek en sê: ‘Waarom het die Here dit gedoen aan dié land en dié tempel?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie tempel wat so verhewe was – elkeen wat daar verbygaan, sal verslae wees en vra, ‘Waarom het die Here so iets gedoen aan hierdie land en aan hierdie tempel?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, hierdie tempel wat nou so hoog is, sal elkeen laat skrik wat hier verbykom. Hy sal vra: ‘Hoekom het die Here dit gedoen? Hoekom het Hy hierdie land en hierdie tempel so gestraf?’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tempel wat nou so pragtig is, sal dan ’n ruïne wees en almal wat daar verbyloop, sal vra: ‘Wat het hier gebeur? Waarom het die Here dit aan sy land en sy tempel gedoen?’ |