2 Chronicles 7:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal Ek hulle met wortels uitruk uit my land wat Ek aan hulle gegee het; en hierdie huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig weggooi en dit 'n spreekwoord en 'n spot onder al die nasies maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | dan sal Ek die volk Israel ontwortel uit hierdie land van My wat Ek vir hulle gegee het. Ek sal hierdie tempel verwerp wat Ek afgesonder het om my Naam te eer. Ek sal dit tot bespotting en minagting onder die volke maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan sal Ek hulle uitruk uit my land wat Ek aan hulle gegee het, en hierdie huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp en daarvan 'n spreekwoord en 'n spotlied maak onder al die volke. |
| Afrikaans 1983 | sal Ek julle wegdryf uit my land wat Ek julle gegee het, en sal Ek hierdie tempel wat Ek vir my Naam geheilig het, voor My wegvee. Ek sal daarvan 'n spot en 'n skimp maak onder al die volke. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal Ek julle uitpluk uit my grond wat Ek aan julle gegee het, en hierdie tempel wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek uit my teenwoordigheid verwerp. Ek sal dit tot 'n spreuk en 'n spotnaam maak by al die volke. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan sal Ek julle wegjaag uit die land wat Ek vir julle gegee het. Ek sal hierdie tempel voor My wegvee, die tempel wat Ek gewy het en waar Ek altyd wil woon. Ander volke sal daaroor praat en spot. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal Ek my volk uitroei uit hierdie land wat Ek vir hulle gegee het. Ek sal die tempel wat Ek vir Myself as woonplek gekies het, verwerp. Dit sal iets word waaroor die volke sal spot. |