2 Chronicles 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priesters kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, omdat die heerlikheid van die HERE die huis van die HERE vervul het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesters kon nie die tempel van die Here binnegaan nie as gevolg van die glansryke teenwoordigheid van die Here.
Afrikaans 1933/1953 en die priesters kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.
Afrikaans 1983 Die priesters kon nie in die huis van die Here ingaan nie, so het sy magtige teenwoordigheid sy huis gevul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priesters kon nie die huis van die Here binnegaan nie, want die heerlikheid van die Here het die huis van die Here gevul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters kon nie in die tempel kom nie, want die lig wat om die Here, die Koning, is, het in die hele tempel geskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die priesters kon glad nie in die tempel ingaan nie omdat die heerlikheid van die Here dit te vol gemaak het.