2 Chronicles 7:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal Ek die troon van jou koninkryk bevestig soos Ek met jou vader Dawid 'n verbond gesluit het deur te sê: Daar sal vir jou geen man ontbreek om heerser in Israel te wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sal Ek toesien dat niemand jou koninklike troon wegneem nie. Dit is dieselfde belofte wat Ek vir jou pa Dawid gegee het toe Ek gesê het: ‘Jy sal nooit sonder ’n opvolger wees wat oor Israel regeer nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | dan sal Ek die troon van jou koningskap bevestig, soos Ek dit jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit 'n man ontbreek wat in Israel sal heers nie. |
| Afrikaans 1983 | sal Ek jou heerskappy bestendig. So het Ek met jou vader Dawid ooreengekom: Nooit sal dit jou ontbreek aan iemand om oor Israel te regeer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal Ek jou koninklike troon laat standhou, volgens die verbintenis wat Ek met jou vader Dawid aangegaan het deur te sê, ‘Daar sal vir jou nooit iemand ontbreek wat in Israel heers nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan sal Ek jou en jou nageslag altyd laat regeer. Ek het dit vir jou pa Dawid belowe. Ek het vir hom gesê: ‘Iemand uit jou nageslag sal altyd oor die volk Israel regeer.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal Ek sorg dat niemand jou posisie as koning aantas nie. Ek herhaal die belofte wat Ek aan jou pa, Dawid, gemaak het nou ook aan jou: daar sal altyd iemand uit die nageslag van Dawid wees om op die troon van Israel te sit. |