2 Chronicles 7:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat jou betref, as jy voor my aangesig wandel soos jou vader Dawid gewandel het, en doen volgens alles wat ek jou beveel het, en my insettinge en my verordeninge onderhou;
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat jou betref: As jy My volg soos jou pa Dawid, doen wat Ek beveel het en al my voorskrifte, gebooie en bepalings gehoorsaam,
Afrikaans 1933/1953 En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, deur naamlik te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en my verordeninge onderhou,
Afrikaans 1983 “En jy, as jy soos jou vader Dawid leef volgens my wil en alles doen wat Ek jou beveel, en my voorskrifte en bepalings nakom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En jy, as jy voor My leef soos jou vader Dawid geleef het, deur op te tree volgens alles wat Ek jou beveel, en my vaste voorskrifte en beslissings, as jy dit nakom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy, Salomo, as jy lewe voor My soos jou pa Dawid gelewe het, en jy doen alles wat Ek vir jou sê, as jy doen wat Ek wil hê en wat Ek besluit,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nou wat jou betref: as jy optree soos jou pa, Dawid, gedoen het, en as jy my wette en voorskrifte en reëls gehoorsaam,