2 Chronicles 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want nou het Ek hierdie huis uitverkies en geheilig, dat my Naam daar kan wees tot in ewigheid, en my oë en my hart sal altyd daar wees.
Afrikaans (NLV) 2011 want Ek het hierdie tempel gekies en dit afgesonder om vir altyd my woning te wees. My oë en my hart sal altyd daar wees.
Afrikaans 1933/1953 So het Ek dan nou hierdie huis verkies en geheilig, dat my Naam daar kan wees tot in ewigheid, en my oë en my hart sal altyd daar wees.
Afrikaans 1983 En nou kies Ek en heilig Ek hierdie tempel sodat my Naam altyd daar sal wees, en dit altyd my sorg en my liefde sal geniet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het Ek dan nou hierdie tempel gekies en geheilig, sodat my Naam vir altyd daar sal wees. My oë en my hart sal altyd daar wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het nou hierdie plek gekies en Ek het dit gewy sodat dit altyd aan My sal behoort. Ek sal altyd sorg vir die plek en daaraan dink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) want Ek het nou hierdie tempel gekies. Dit sal altyd my huis wees. Ek sal altyd self hier wees.