2 Chronicles 7:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die drie-en-twintigste dag van die sewende maand het hy die volk in hul tente laat weggaan, bly en vrolik van hart oor die goedheid wat die HERE aan Dawid en aan Salomo en aan sy volk Israel bewys het.
Afrikaans (NLV) 2011 Teen die einde van die feesvierings het Salomo die mense huis toe gestuur, op die drie en twintigste dag van die sewende maand. Hulle was almal bly en vol vreugde omdat die Here so goed was vir Dawid, Salomo en sy volk Israel.
Afrikaans 1933/1953 En op die drie en twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hul tente laat gaan, verheug en vrolik van hart oor die goeie dinge wat die HERE aan Dawid en aan Salomo en aan sy volk Israel gedoen het.
Afrikaans 1983 Eers op die drie en twintigste van die sewende maand het Salomo die volk terug laat gaan huis toe, bly en gelukkig oor die goeie dinge wat die Here gedoen het aan Dawid, Salomo en sy volk Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die drie-en-twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hulle woonplekke teruggestuur. Hulle was verheug en met opgeruimde harte oor die goeie dinge wat die Here aan Dawid en Salomo en sy volk Israel gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op die drie-en-twintigste dag van die sewende maand het Salomo die mense laat teruggaan na hulle huise. Hulle was bly en gelukkig oor die goeie dinge wat die Here gedoen het vir Dawid en Salomo en sy volk Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na al die feeste, op die 23ste dag van die sewende maand, het Salomo almal huis toe laat gaan. Almal was bly en gelukkig omdat die Here so goed vir Dawid, Salomo en sy volk Israel was.