2 Chronicles 7:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Salomo klaar gebid het, het die vuur uit die hemel neergedaal en die brandoffer en die slagoffers verteer; en die heerlikheid van die HERE het die huis vervul.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Salomo klaar gebid het, het daar vuur uit die hemel gekom en die brandoffers en ander offers verbrand. Die heerlikheid van die Here het die tempel gevul.
Afrikaans 1933/1953 En net toe Salomo sy gebed voleindig het, het die vuur uit die hemel neergedaal en die brandoffer en die slagoffers verteer, en die heerlikheid van die HERE het die huis vervul;
Afrikaans 1983 Toe Salomo klaar gebid het, het daar vuur uit die hemel gekom en die brandoffers en ander diereoffers verteer, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tempel gevul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net toe Salomo klaar gebid het, het vuur uit die hemel neergedaal en die •brandoffer en •maaltydoffers verteer, en die heerlikheid van die Here het die •tempel gevul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Salomo klaar gebid het, het daar vuur uit die hemel gekom, en dit het die brand-offer en die ander offers verbrand. Die tempel was vol van die lig wat om die Here, die Koning, is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net toe Salomo klaar gebid het, het daar vuur uit die hemel afgekom wat die verskillende offers verteer het. Daarna het die Here se heerlikheid die hele tempel gevul.