2 Chronicles 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van die dag af dat Ek my volk uit Egipteland uitgelei het, het Ek onder al die stamme van Israel geen stad gekies om 'n huis in te bou, dat my Naam daar kan wees nie; en Ek het niemand gekies om 'n heerser oor my volk Israel te wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Sedert die dag toe Ek my volk uit Egipte gebring het, het Ek nooit ’n stad gekies onder die stamme van Israel om te dien as die plek waar ’n tempel tot eer van my Naam opgerig moet word nie. Nog minder het Ek ’n koning gekies om my volk Israel te lei.
Afrikaans 1933/1953 Van die dag af dat Ek my volk uit Egipteland uitgelei het, het Ek geen stad verkies uit al die stamme van Israel om 'n huis te bou, dat my Naam daar sou wees nie; en Ek het geen man verkies om vors oor my volk Israel te wees nie.
Afrikaans 1983 ‘Van die dag af dat Ek my volk uit Egipte gebring het, het Ek uit al die stamgebiede van Israel nie 'n stad gekies waar 'n tempel gebou kan word sodat my Naam daar kan wees nie en het Ek ook nie iemand gekies om heerser oor my volk Israel te wees nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Van die dag af dat Ek my volk Israel uit Egipteland gelei het, het Ek onder al die stamme van Israel nie 'n stad gekies om 'n •tempel te bou, sodat my Naam daar sou wees nie, en Ek het niemand gekies om 'n leier oor my volk Israel te wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ‘Van die tyd toe Ek my volk Israel uit Egipte gebring het tot nou toe, het Ek nie 'n stad gekies uit al die stede van die stamme van Israel nie, 'n stad waar iemand 'n tempel moet bou wat my Naam het. Ek het ook nie iemand gekies om oor my volk Israel te regeer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir hom gesê: ‘Sedert die tyd toe Ek my volk uit Egipte gelei het, het Ek geen stad gekies waar ’n tempel tot my eer gebou moes word nie. Ek het ook nie ’n koning gekies om my volk te lei nie.