2 Chronicles 6:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Staan dan nou op, HERE God, in u rusplek, U en die ark van u sterkte; laat u priesters, HERE God, beklee word met heil, en laat u gunsgenote juig in die goeie.
Afrikaans (NLV) 2011 “En nou, Here God, kom na u rusplek, U en u magtige ark. Mag u priesters, Here God, geklee wees met redding, en mag u gelowiges juig in u goedheid.
Afrikaans 1933/1953 Staan dan nou op na u rusplek, HERE God, U en die ark van u sterkte! Laat u priesters, HERE God, met heil bekleed wees, en laat u gunsgenote hulle verheug in die goeie.
Afrikaans 1983 “Kom dan nou na u rusplek toe, Here God, U en u magtige ark. Laat u priesters, Here God, onder die beskerming van u hulp lewe, en laat u troue dienaars hulle verheug in die goeie dinge.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Staan nou op, Here God, gaan na u rusplek, U en u magtige ark. U priesters, Here God, laat hulle geklee wees in heil, en u troue volgelinge, laat hulle vreugde vind in die goeie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En nou, Here God, moet U kom na die plek waar U wil wees, U en die kis wat vir almal wys dat U sterk is. U priesters moet altyd vertel dat U ons sal red, en die mense wat in U glo, moet altyd bly wees oor die goeie dinge wat U gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kom, Here, na u rusplek toe. Kom na u ark toe wat wys hoe sterk U is. Laat u priesters net doen wat reg is. Laat die mense wat U dien, van vreugde sing.