2 Chronicles 6:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou, my God, laat, ek smeek U, u oë oop wees, en laat u ore luister na die gebed wat in hierdie plek gedoen word.
Afrikaans (NLV) 2011 “My God, kyk tog, en luister aandagtig na al hulle gebede in hierdie plek.
Afrikaans 1933/1953 My God, mag u oë tog nou oop wees en u ore luister na die gebed van hierdie plek.
Afrikaans 1983 “My God, hou dan nou hierdie plek onder u sorg en verhoor tog elke gebed hiervandaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ My God, laat nou u oë tog oop wees, en u ore aandagtig luister na die gebede uit hierdie plek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Nou, my God, U moet asseblief sorg vir hierdie plek en U moet luister wanneer iemand in hierdie plek bid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “O God, luister tog na al die gebede wat hiervandaan tot U gebid sal word.