2 Chronicles 6:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wat met sy hande vervul het wat Hy met sy mond aan my vader Dawid gespreek het deur te sê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Geseënd is die Here die God van Israel, wat getrou was aan die belofte wat Hy aan my pa gemaak het. Hy het vir my pa gesê: |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê: Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wie se hande volbring het wat sy mond tot my vader Dawid gespreek en gesê het: |
| Afrikaans 1983 | Hy het gesê: “Geloof sy die Here die God van Israel wat aan my vader Dawid 'n belofte gedoen het en dit deur sy mag vervul het. “Die woorde van die Here was: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het hy gesê: “Die Here, die God van Israel, moet geprys word, wat met sy mond met my vader Dawid gepraat het, en met sy hande die volgende woorde vervul het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het gesê: “Ek prys die Here, die God van Israel. Hy het vir my pa Dawid iets belowe en Hy het gedoen wat Hy belowe het. Hy het gesê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir hulle gesê: “Ek loof die Here wat gedoen het wat Hy vir my pa, Dawid, belowe het. |