2 Chronicles 6:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As hulle na U terugkeer met hulle hele hart en met hulle hele siel in die land van hulle gevangenskap waarheen hulle hulle as gevangenes weggevoer het, en bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, en na die stad wat U verkies het, en na die huis wat Ek vir u Naam gebou het;
Afrikaans (NLV) 2011 luister tog na hierdie gebede. As hulle heelhartig en in opregtheid hulle tot U bekeer in die land van gevangenskap; as hulle tot U bid in die rigting van die land wat U aan hulle voorvaders gegee het en van hierdie stad wat U gekies het, en van hierdie tempel wat ek tot eer van u Naam gebou het,
Afrikaans 1933/1953 en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel in die land van hul gevangenskap, van die wat hulle weggevoer het, en hulle bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, en van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het,
Afrikaans 1983 en hulle tot U wend met hart en siel in die land van hulle gevangenskap en hulle bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle voorvaders gegee het en van die stad wat deur U gekies is en die tempel wat ek vir u Naam gebou het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hulle dan met hart en siel na U terugkeer in die land van hulle ballingskap, die land van dié wat hulle weggevoer het, en hulle bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle voorouers gegee het, die stad wat U gekies het, en die tempel wat ek vir u Naam gebou het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hulle met hulle hele hart en lewe na U toe kom in die land van hulle vyande waar hulle gevangenes is en as hulle kyk na hierdie land wat U vir hulle voorvaders gegee het, en na die stad wat U gekies het, en na die tempel wat ek gebou het om U te dien, en as hulle bid tot U,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en hulle bekeer hulle tot U en bid in die rigting van Jerusalem, na dié tempel wat ek vir U gebou het,