2 Chronicles 6:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as hulle hulleself bedink in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle bekeer en tot U bid in die land van hulle gevangenskap en sê: Ons het gesondig, ons het verkeerd gedoen en goddeloos gehandel; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hulle egter in daardie land van gevangenskap dalk in berou hulle tot U bekeer en tot U smeek: ‘Ons het oortree, ons het gesondig, ons het kwaad gedoen,’ |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van hulle gevangenskap en sê: Ons het gesondig, ons het verkeerd gehandel, en ons was goddeloos -- |
| Afrikaans 1983 | en hulle daar in dié land waar hulle gevangenes is, tot inkeer kom en hulle weer tot U wend en U daar in die land van hulle gevangenskap smekend aanroep: ‘Ons het gesondig, ons het verkeerd gedoen, ons is skuldig’, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hulle tot inkeer kom in die land waarheen hulle weggevoer is, en hulle bekeer en by U om genade smeek in die land van hulle ballingskap met die woorde, ‘Ons het gesondig en afgedwaal, ons is skuldig,’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar u volk sal miskien hulle lewe verander daar in die land waar hulle gevangenes is en hulle sal weer na U toe kom en tot U bid in daardie land en sê: ‘Ons het sonde gedoen, ons het verkeerde dinge gedoen, ons is skuldig.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle kan daar in die vreemde land besef dat hulle verkeerd was en hulle bekeer. As hulle dan bely: ‘Ons het sonde gedoen, ons was verkeerd en goddeloos,’ |