2 Chronicles 6:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jou volk uittrek om oorlog te voer teen hulle vyande op die pad wat jy hulle sal stuur, en hulle tot jou bid in die rigting van hierdie stad wat jy verkies het, en die huis wat Ek vir jou Naam gebou het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As u volk op u bevel uittrek om oorlog teen hulle vyande te maak en hulle tot U bid in die rigting van hierdie stad wat U uitgekies het en na hierdie tempel wat ek vir u Naam gebou het, |
| Afrikaans 1933/1953 | As u volk uittrek in die oorlog teen sy vyande op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot U in die rigting van hierdie stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het, |
| Afrikaans 1983 | “Sou u volk teen sy vyande uittrek in 'n oorlog wat deur U beveel is, en hulle bid tot U in die rigting van hierdie stad wat U gekies het en die huis wat ek vir u Naam gebou het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wanneer u volk uittrek vir oorlog teen sy vyand op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot U in die rigting van hierdie stad wat U gekies het, en van die tempel wat ek vir u Naam gebou het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “U volk sal miskien oorlog gaan maak teen vyande omdat U gesê het hulle moet dit doen. As hulle kyk na hierdie stad wat U gekies het en na hierdie tempel wat ek gebou het om U te dien, en as hulle bid en soebat, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As U volk op u bevel gaan oorlog maak en hulle bid tot U in die rigting van Jerusalem en die tempel wat ek vir U gebou het, |