2 Chronicles 6:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder aangaande die vreemdeling wat nie uit u volk Israel is nie, maar uit 'n ver land gekom het ter wille van u grote Naam en u magtige hand en u uitgestrekte arm; as hulle in hierdie huis kom bid; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ook as vreemdelinge wat nie van u volk Israel is nie, van U hoor en uit verre lande kom ter wille van u groot Naam, u kragtige dade en u mag, as hulle na hierdie tempel toe bid, |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, ook na die uitlander wat nie uit u volk Israel is nie en uit 'n ver land kom om u grote Naam en u sterke hand en u uitgestrekte arm ontwil, as hulle kom en na hierdie huis toe bid, |
| Afrikaans 1983 | “Luister ook na die vreemdeling wat nie uit u volk Israel is nie en, omdat hy gehoor het van u groot Naam, u mag en krag, selfs uit 'n ver land kom en na hierdie tempel toe bid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ En ook die buitelander wat nie deel van u volk Israel is nie, maar uit 'n ver land kom ter wille van u groot Naam, u sterk hand en uitgestrekte arm – wanneer hy dan kom en in die rigting van hierdie tempel bid, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar U moet ook luister na iemand wat nie van u volk Israel is nie en wat van 'n ver land kom omdat hy u Naam gehoor het. As hy gehoor het van u groot Naam en van die groot dinge wat U gedoen het, en hy kom en hy kyk na hierdie tempel en hy bid, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As dit gebeur dat ’n vreemdeling, soos iemand uit ’n ver land, van U hoor en hier by die tempel tot U kom bid, |