2 Chronicles 6:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor dan uit die hemel jou woonplek, en vergewe en vergeld elkeen volgens al sy weë wie se hart jy ken; (want U ken net die harte van die mensekinders:) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister dan uit die hemel waar U is en vergewe. U wat elke mens se binnekant ken, gee tog aan elkeen na verdienste, want net U weet wat in die mens se gemoed aangaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | wil U dan hoor uit die hemel, u vaste woonplek, en vergewe en aan elkeen gee volgens al sy weë, U wat sy hart ken -- want U alleen ken die hart van die mensekinders -- |
| Afrikaans 1983 | luister tog uit die hemel, u woonplek, en vergeef en gee aan elkeen wat hy verdien soos U sy hart ken, want net U ken die mens se hart, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet U self hoor uit die hemel, die plek van u verblyf. U moet dan vergewe en met elkeen handel volgens al sy dade, U wat sy hart ken – U alleen ken immers die harte van mensekinders – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Luister dan asseblief in u woonplek, die hemel, en vergewe sy sonde en help hom. Gee vir elkeen wat hy moet kry, want net U weet hoe 'n mens se hart regtig is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | luister dan tog uit die hemel waar U woon. Vergewe hulle. Gee aan elkeen wat hulle verdien, want U ken mense se diepste motiewe. |