2 Chronicles 6:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Watter gebed of watter smeking sal dan ook al gedoen word van iemand of van jou hele volk Israel, wanneer elkeen sy eie pyn en sy eie smart sal ken en sy hande uitbrei in hierdie huis;
Afrikaans (NLV) 2011 luister dan. Luister na die gebed en die smeking van enkelinge of die hele volk Israel, soos elkeen sy behoefte bekendmaak en die hande na hierdie tempel toe uitstrek.
Afrikaans 1933/1953 enige gebed, enige smeking wat enige mens of u hele volk Israel sal doen, as elkeen sy plaag en sy smart ken, sodat hy sy hande na hierdie huis toe uitbrei --
Afrikaans 1983 luister tog na elke gebed, elke smeking wat van enige mens of van u hele volk Israel mag kom soos elkeen sy plaag en sy smart te kenne gee en sy hande na hierdie tempel toe uitstrek;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en wanneer daar enige gebed is, enige smeekbede by enige mens, by enigiemand van u volk Israel, wat elkeen sy teistering en pyn ken, en hy dan sy hande na hierdie tempel uitstrek,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet U asseblief luister wanneer iemand of u volk Israel bid en soebat, U moet luister wanneer elke persoon sy hande uitsteek na hierdie tempel en sê wat met hom gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en u volk bid hier oor hulle probleme tot U,