2 Chronicles 6:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As daar gebrek in die land is, as daar pes is, as daar brandstortings of muf, sprinkane of ruspes is; as hulle vyande hulle beleër in die stede van hulle land; enige seer of watter siekte daar ook al mag wees:
Afrikaans (NLV) 2011 “Indien daar ’n hongersnood in die land kom, of pes in die land uitbreek, of heuningdou of skimmel, sprinkaanplae en voetgangers, of indien die vyande van u volk die stede beleër, watter ramp of siekte hulle ook al mag tref,
Afrikaans 1933/1953 As daar hongersnood in die land is, as daar pes is, as daar brandkoring of heuningdou, sprinkane of kaalvreters is, as sy vyande hom in sy land vol stede dit benoud maak, watter plaag of watter siekte ook al,
Afrikaans 1983 “Sou daar hongersnood in die land kom, sou daar pes uitbreek, brandkoring of roes, swerms sprinkane en voetgangers, sou dit gebeur dat die volk se vyande hom in sy stede hier in die land beleër, watter plaag of siekte hom ook al tref,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wanneer daar hongersnood in die land is, wanneer pessiekte uitbreek, wanneer skroeisiekte, witroes, treksprinkane en kaalvreters toeslaan, wanneer u volk se vyand hom beleër in van sy stede in die land – tydens enige plaag, enige siekte –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daar sal miskien hongersnood in die land wees, of almal sal begin siek word en sterf, of daar sal siektes kom in die koring op die land, of daar sal swerms sprinkane kom, of vyande van die volk sal kom en hulle sal die stede aanval van al die kante, of ander slegte dinge sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As daar hongersnood in die land kom; of siektes, plae, sprinkane of ruspes bedreig u mense; of as die vyand hulle stede aanval; watter gevaar daar ook al dreig,