2 Chronicles 6:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoor dan uit die hemel en vergewe die sonde van u knegte en van u volk Israel, wanneer U hulle die goeie weg geleer het waarin hulle moet wandel; en laat reën oor jou land wat jy aan jou volk as erfenis gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 hoor dan tog uit die hemel en vergewe die sondes van u dienaars, u volk Israel. Leer hulle om te doen wat reg is, en stuur die reën oor die land wat U aan u volk as eiendom gegee het.
Afrikaans 1933/1953 wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Israel vergewe -- want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel -- en gee reën op u land wat U aan u volk as 'n erfenis gegee het.
Afrikaans 1983 luister tog uit die hemel en vergeef u dienaars en u volk Israel se sonde en gee reën op u land wat U aan u volk as besitting gegee het. So leer U hulle die goeie weg wat hulle moet bewandel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) moet U self hoor in die hemel en die sonde van u diensknegte en u volk Israel vergewe, want U leer hulle die goeie pad waarop hulle moet gaan. Gee dan reën oor u land, wat U vir u volk as erfenis gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet U asseblief in die hemel luister en U moet u dienaars en u volk Israel se sonde vergewe. U moet iets doen om hulle te help, U moet reën gee op die land wat U vir u volk gegee het. So sal U vir hulle leer om reg te lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) luister dan tog uit die hemel. Vergewe u volk se sondes. Leer hulle wat reg is en gee weer reën oor die land wat U vir hulle gegee het.