2 Chronicles 6:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jou volk Israel voor die vyand vererger word, omdat hulle teen jou gesondig het; en sal terugkom en u Naam bely en bid en smeek voor u aangesig in hierdie huis;
Afrikaans (NLV) 2011 “As u volk deur hulle vyande verslaan word omdat hulle teen U gesondig het, en as hulle dan na U toe terugdraai en u Naam bely en hier in die tempel tot U bid en smeek,
Afrikaans 1933/1953 En as u volk Israel verslaan word voor 'n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul bekeer en u Naam bely en bid en smeek voor u aangesig in hierdie huis,
Afrikaans 1983 “As u volk Israel deur 'n vyand verslaan word omdat hulle teen U gesondig het en hulle kom tot inkeer en bely u Naam en bid tot U in hierdie huis en smeek U,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer u volk Israel deur 'n vyand verslaan word omdat hulle teen U gesondig het, en wanneer hulle terugkeer, u Naam prys en bid en voor U smeek in hierdie tempel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “U volk Israel sal miskien 'n oorlog verloor teen vyande omdat u volk sonde gedoen het teen U. As u volk dan hulle lewe verander en hulle doen wat U wil hê en hulle prys u Naam en hulle bid tot U in hierdie tempel en hulle soebat vir U,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As ’n vyand u volk Israel verslaan omdat hulle sonde gedoen het, en as hulle hulle dan bekeer en dit erken en hier in die tempel tot U kom bid,