2 Chronicles 6:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Luister dan na die smekinge van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal doen; luister na u woonplek, uit die hemel; en as jy hoor, vergewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister tog na die smekinge wat ek en u volk Israel na hierdie plek toe sal bid. Mag U ons hoor in die hemel waar U woon, en wanneer U hoor, vergewe tog.
Afrikaans 1933/1953 Luister dan na die smekinge van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor uit u woonplek, uit die hemel; en as U hoor, vergewe dan.
Afrikaans 1983 Hoor tog die smeekbedes van u dienaar en u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe bid, hoor dit tog uit u hemelse woonplek, en wanneer U dit hoor, vergewe tog!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Luister dan na die smeekbede van u dienskneg en van u volk Israel wat hulle bid in die rigting van hierdie plek. U self moet dit hoor uit die plek waar U woon, uit die hemel; U moet dit hoor, en U moet vergewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Luister wanneer u dienaar en u volk Israel bid en soebat terwyl hulle na hierdie plek kyk en bid. En wanneer U dit hoor in u woonplek, die hemel, vergewe dan ons sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mag U altyd die nederige en ernstige gebede hoor wat ek en my volk na hierdie plek toe rig. Mag U luister van waar U in die hemel woon en mag U ons vergewe as ons teen U sonde doen.