2 Chronicles 6:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat jou oë dag en nag oop mag wees oor hierdie huis, oor die plek waarvan jy gesê het dat jy jou naam daar wil vestig; om te luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe bid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hou tog dag en nag ’n wakende oog oor hierdie tempel. Dis die plek waarvan U gesê het dat u Naam daar sal woon sodat U altyd die gebed sal hoor wat ek na hierdie plek toe rig. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat u oë oop mag wees dag en nag oor hierdie huis, oor die plek waar U van gesê het dat U u Naam daar wil vestig, sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid. |
| Afrikaans 1983 | Hou hierdie tempel dag en nag onder u sorg, die plek waarvan U gesê het dat U u Naam daar wil vestig, sodat U die gebed kan hoor wat 'n dienaar van U na hierdie plek toe bid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dat u oë dag en nag oop sal wees na hierdie tempel, na die plek waarvan U gesê het dat U u Naam daar sal vestig, sodat U sal luister na die gebed wat u dienskneg in die rigting van hierdie plek rig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet asseblief altyd sorg vir hierdie tempel. Dit is die plek waar U gesê het U wil wees. Luister na die gebed wat 'n dienaar van U bid wanneer hy na hierdie plek kyk en bid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Pas tog die tempel wat U self as woonplek gekies het, dag en nag op. Dan sal U my gebede hoor wat ek na hierdie tempel toe rig.” |