2 Chronicles 6:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou dan, HERE, God van Israel, hou by u kneg, my vader Dawid, wat U hom beloof het deur te sê: Daar sal vir U geen man in my oë ontbreek om op die troon van Israel te sit nie; nogtans sodat u kinders op hulle weg ag gee om in my wet te wandel, soos U voor my aangesig gewandel het.
Afrikaans (NLV) 2011 En nou, Here, God van Israel, bevestig tog u beloftes aan u dienaar, my pa Dawid. Want U het vir hom gesê: ‘As jou afstammelinge voor My lewe soos jy gedoen het, sal hulle altyd oor Israel regeer.’
Afrikaans 1933/1953 Hou nou ook, HERE, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit 'n man voor my aangesig ontbreek wat sal sit op die troon van Israel nie, as jou seuns net op hulle weg ag gee, deur te wandel in my wet soos jy voor my aangesig gewandel het.
Afrikaans 1983 “Here, God van Israel, bly dan nou by wat U u dienaar, my vader Dawid, beloof het toe U gesê het: Ek sal sorg dat daar altyd iemand uit jou nageslag op die troon van Israel sal wees mits jou nakomelinge let op hulle optrede en volgens my woord lewe, soos jy gemaak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, Here, God van Israel, ter wille van u dienskneg, my vader Dawid, hou nou by wat U hom beloof het toe U gesê het, ‘Daar sal vir jou nooit iemand ontbreek wat voor my aangesig op die troon van Israel sit nie, as jou seuns maar net ag slaan op hulle optrede deur binne my wet te leef soos jy voor My geleef het.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En nou, Here, God van Israel, moet U vir u dienaar, my pa Dawid, doen wat U belowe het. U het vir hom gesê: ‘Iemand van jou nageslag sal altyd op die troon van Israel sit, maar dan moet jou nageslag reg doen. Hulle moet lewe soos Ek wil hê en soos jy ook gelewe het.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) O Here, voer tog nou ook die ander beloftes uit wat U aan hom gemaak het. U het vir hom gesê: ‘As jou nakomelinge reg optree en doen wat Ek vra, soos jy gedoen het, sal Ek sorg dat daar altyd een van hulle oor Israel regeer.’