2 Chronicles 6:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: HERE, God van Israel, daar is geen God soos U in die hemel en ook nie op die aarde nie; wat die verbond hou en barmhartigheid bewys aan u dienaars wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het hy gebid: “Here, God van Israel, in die hemel of op die hele aarde is daar geen God soos U nie. U bly getrou aan u verbond en het u troue liefde betoon aan almal wat U heelhartig met ywer dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | en gesê: HERE, God van Israel, daar is in die hemel of op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart, |
| Afrikaans 1983 | en sê: “Here, God van Israel, in die hemel of op die aarde is daar nie nog 'n God soos U nie. U hou U aan die verbond en U bly getrou teenoor u dienaars wat met volle oorgawe voor U lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en gesê: “ Here, God van Israel, daar is geen god soos U in die hemel of op die aarde nie; U wat die verbond en troue liefde in stand hou vir u diensknegte wat met hulle hele hart voor U leef; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het gesê: “Here, God van Israel, in die hemel daar bo en op die aarde hier onder is daar nie 'n ander God soos U nie. U het aangehou om vir u dienaars te doen wat U in u verbond belowe het, u dienaars wat met hulle hele hart lewe soos U wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê hy: “O Here, God van Israel! Daar is nie in die hemel of op die aarde nog ’n god soos U nie. U hou u beloftes en bewys liefde aan almal wat aan U gehoorsaam is en wat graag doen wat U vra. |