2 Chronicles 6:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Salomo het 'n kopersteier gemaak, vyf el lank en vyf el breed en drie el hoog, en hy het dit in die middel van die voorhof opgestel; en hy het daarop gaan staan en op sy knieë voor die hele vergadering neergeval van Israel en sy hande na die hemel uitgebrei, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ’n bronsplatform van twee en ’n half meter lank, twee en ’n half meter breed en een en ’n half meter hoog gemaak. Dit het in die middel van die voorhof van die tempel gestaan. Hy het op die platform voor die hele gemeente gestaan, en gekniel met sy hande hemelwaarts uitgestrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | want Salomo het 'n koperverhoog gemaak en dit in die middel van die voorhof opgestel; vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte en drie el sy hoogte; en hy het daarop gaan staan en neergesink op sy knieë teenoor die hele vergadering van Israel en sy hande na die hemel uitgebrei |
| Afrikaans 1983 | Hy het op 'n bronsverhoog gestaan wat hy gemaak het en in die voorhof gesit het. Dit was twee en 'n half meter lank, twee en 'n half meter breed, een en 'n half meter hoog. Hy het daarop gaan staan en toe kniel hy voor die hele gemeente van Israel en strek sy hande uit na die hemel toe |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, Salomo het 'n verhoog van brons gemaak en dit in die middel van die buitehof gesit. Dit was vyf el breed, vyf el lank en drie el hoog. Hy het daarop gaan staan en daar voor die hele geloofsgemeenskap van Israel op sy knieë neergesak, sy hande na die hemel uitgestrek, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Salomo het 'n brons verhoog laat maak en hy het dit in die oop stuk grond gesit. Die verhoog was vyf el lank en vyf el breed en drie el hoog. Salomo het op die verhoog gaan staan en hy het voor die hele volksvergadering van Israel gekniel. Hy het sy hande uitgesteek na die hemel |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het op ’n bronsverhoog gestaan wat hy in die binneruimte van die tempel gesit het. Die verhoog was vierkantig met sye van twee en ’n half meter lank. Dit was ’n meter en ’n half hoog. Hy het op die verhoog geklim en voor die hele gemeente van Israel neergekniel en sy hande na die hemel uitgesteek. |