2 Chronicles 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het die HERE sy woord uitgevoer wat Hy gespreek het, want ek het opgestaan in die kamer van my vader Dawid en sit op die troon van Israel, soos die HERE beloof het, en ek het die huis gebou vir die Naam van die HERE God van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “En nou het die Here gedoen wat Hy beloof het, want ek het koning geword oor Israel in die plek van my pa. Dis tot eer van die Naam van die Here, die God van Israel, dat ek hierdie tempel gebou het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het sy woord vervul wat Hy gespreek het; sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van Israel soos die HERE gespreek het; en ek het die huis gebou vir die Naam van die HERE, die God van Israel, |
| Afrikaans 1983 | “Die Here het die belofte wat Hy gemaak het, nagekom. Ek het my vader Dawid se plek geneem en op die troon van Israel gekom soos die Here beloof het. Die tempel vir die Naam van die Here die God van Israel het ek gebou |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die Here het sy woord wat Hy gespreek het, gestand gedoen, sodat ek in die plek van my vader Dawid opgestaan het en op die troon van Israel gaan sit het, soos die Here gesê het. Ek het die tempel vir die Naam van die Here, die God van Israel, gebou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die Here het laat gebeur wat Hy belowe het. Ek het koning geword ná my pa Dawid, ek sit op die troon van Israel soos die Here belowe het, en ek het die tempel gebou om die Here, die God van Israel, te dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nou het die Here sy belofte nagekom: ek het koning geword in my pa se plek en ek het die tempel tot eer van die Here, die God van Israel, gebou. |