2 Chronicles 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die draaghoute van die ark uitgetrek, sodat die punte van die draaghoute van die ark voor die binneste vertrek gesien was; maar hulle is nie buite gesien nie. En daar is dit tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie drahoute was so lank dat hulle punte vanaf die tempel se hoofingang, die heilige plek, gesien kon word, maar nie van buite af nie. Dit is tot vandag toe steeds daar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die draaghoute was so lank, dat die punte van die draaghoute, uit die ark uitgaande, vlak voor die binneste vertrek gesien kon word, maar verder buitentoe was hulle nie sigbaar nie; en dit is daar tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Die draaghoute was so lank dat hulle punte by die ark verby gesteek het aan die voorkant van die binneste heiligdom, maar hulle kon nie van buite af gesien word nie. Hulle is vandag nog daar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die draaghoute was lank, en die punte van die draaghoute was sigbaar uit die heilige deel aan die voorkant van die heiligdom. Van buite af was dit egter nie sigbaar nie. Hulle is daar tot vandag toe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dra-houte van die kis was so lank dat 'n mens hulle punte kon sien as hy voor die binneste kamer gestaan het, maar 'n mens kon die punte nie sien as hy buite gestaan het nie. Die dra-houte is nou nog daar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die draaghoute was so lank dat ’n mens hulle van die ingang van die Heilige vertrek af kon sien, maar nie van buite af nie. Dit is nog steeds so. |