2 Chronicles 5:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook koning Salomo en die hele vergadering van Israel wat by hom voor die ark vergader het, het skape en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of getel kon word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Salomo en die hele volksvergadering van Israel wat by hom bymekaargekom het, het skape en beeste voor die ark geoffer. Dit was so baie dat dit nie getel kon word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe koning Salomo en die hele vergadering van Israel wat by hom byeen was, voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie. |
| Afrikaans 1983 | Koning Salomo en die hele gemeente van Israel wat saam met hom voor die ark was, het soveel kleinvee en beeste geoffer dat dit nie getel of bereken kon word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Salomo en die hele volksvergadering van Israel, dié wat by hom saamgetrek het en saam met hom voor die ark was, het kleinvee en beeste geoffer wat vanweë hulle hoeveelheid nie getel of bereken kon word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Salomo en die hele volksvergadering van die Israeliete wat saam met hom was, was voor die kis, en hulle het so baie skape en bokke ge-offer dat niemand dit kon tel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Salomo en die hele gemeenskap wat saam met hom voor die ark bymekaar was, het skape en beeste begin offer. Hulle het soveel diere geoffer dat ’n mens nie kon byhou om te tel nie. |