2 Chronicles 5:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Salomo die oudstes van Israel en al die hoofde van die stamme, die familiehoofde van die kinders van Israel, in Jerusalem laat bymekaarkom om die verbondsark van die HERE uit die stad van Dawid te bring wat dit is. Sion.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo het toe die leiers van al die stamme en families van Israel opgeroep om in Jerusalem bymekaar te kom. Hulle moes die verbondsark van die Here uit Sion, die Dawidstad, bring.
Afrikaans 1933/1953 En Salomo het die oudstes van Israel en al die stamhoofde, die familie-owerstes van die kinders van Israel, in Jerusalem bymekaar laat kom om die verbondsark van die HERE uit die stad van Dawid, dit is Sion, opwaarts te bring.
Afrikaans 1983 Daarna het Salomo die leiers van Israel, die stamhoofde en die Israelitiese familiehoofde in Jerusalem bymekaargeroep om die verbondsark van die Here uit Sion, die Dawidstad, te laat uitbring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het Salomo die oudstes van Israel, al die stamhoofde, die leiers van die families van die Israeliete, in Jerusalem laat byeenkom om die •verbondsark van die Here vanuit die •Stad van Dawid, dit is Sion, op te dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Salomo al die leiers van Israel in Jerusalem laat bymekaarkom, die stamhoofde en die familiehoofde van die Israeliete. Hy wou die verbondskis van die Here uit die Dawidstad, uit Sion, laat bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het toe al die familiehoofde van Israel in Jerusalem byeengeroep. Die doel was om die ark van die verbond van die Here uit Sion, die Stad van Dawid, na die tempel toe te neem.