2 Chronicles 5:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat die priesters vanweë die wolk nie kon staan om te dien nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priesters kon nie hulle verpligtings nakom vanweë die wolk nie, want die heerlike teenwoordigheid van die Here het die tempel van God gevul. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul. |
| Afrikaans 1983 | Daarom kon die priesters nie vir diens aantree nie. Dit was die magtige teenwoordigheid van die Here wat die tempel van God gevul het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priesters kon vanweë die wolk nie bly staan om hulle dienswerk te doen nie, want die heerlikheid van die Here het die huis van God gevul. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters kon nie hulle werk doen nie omdat die wolk daar was. Die lig wat om die Koning, die Here, is, het in die hele tempel geskyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priesters kon nie met hulle werk aangaan nie, want die Here se heerlikheid was binne-in die tempel. |