2 Chronicles 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook die Leviete wat die sangers was, almal van Asaf, van Heman, van Jedutun, met hulle seuns en hulle broers, bekleed met wit linne, met simbale en harpe en siters, het aan die oostekant van die altaar gestaan en saam met hulle honderd en twintig priesters wat op trompette blaas:) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Leviete wat musikante was, Asaf, Heman, Jedutun, saam met hulle seuns en broers, het oos van die altaar gestaan. Hulle het fyn linneklere aangehad en op simbale, harpe en liere gespeel. By hulle was daar 120 priesters wat op trompette geblaas het. |
| Afrikaans 1933/1953 | terwyl die Levitiese sangers almal saam, Asaf, Heman, Jedutun met hulle seuns en hulle broers, in linne gekleed, met simbale en harpe en siters oostelik van die altaar staan, en saam met hulle omtrent honderd en twintig priesters wat op die trompette blaas; |
| Afrikaans 1983 | het die Levitiese sangers oos van die altaar reggestaan met simbale, harpe en liere. Hulle was almal daar: Asaf, Heman en Jedutun met hulle volgelinge en ampsgenote. Hulle het hulle linneklere aangehad, en by hulle was omtrent honderd en twintig priesters, trompetblasers. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ook die Levitiese sangers, hulle almal, Asaf, Heman en Jedoetoen, hulle nakomelinge en stamgenote, wat in linneklere gereed gestaan het aan die oostekant van die altaar met simbale, harpe en liere, en saam met hulle honderd-en-twintig priesters wat trompette blaas – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | was die Leviete wat moes sing, gereed. Hulle was: Asaf, Heman en Jedutun, hulle seuns en hulle broers. Hulle het wit linne-klere aangehad en hulle het simbale, harpe en liere gehad. Hulle het oos van die altaar gestaan. Daar was ook 120 priesters wat trompette geblaas het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die Levitiese sangers, dit is al die groepe van Asaf, Heman en Jedutun, het hulle linneklere aangehad. Hulle het oos van die altaar reggestaan met simbale, harpe en liere, en daar was omtrent 120 priesters met trompette by hulle. |