2 Chronicles 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur toe die priesters uit die heiligdom uitgegaan het, want al die priesters wat aanwesig was, was geheilig en het toe nie gewag nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die priesters die heiligdom verlaat. Al die priesters teenwoordig het hulleself gereinig, of hulle daardie dag aan diens was of nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die priesters uit die heiligdom uitgaan -- want al die priesters wat aanwesig was, het hulle geheilig sonder om die afdelings in aanmerking te neem -- |
| Afrikaans 1983 | Al die aanwesige priesters het hulle gereinig, ongeag hulle diensbeurte. Toe die priesters uit die heiligdom uitkom, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En toe die priesters uit die heiligdom gekom het – ja, al die priesters wat daar was, het hulleself geheilig, want die diensbeurte van afdelings het nie gegeld nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die priesters wat daar was, het hulleself gewy, ook die priesters wat nie daardie dag moes werk nie. Toe die priesters uit die tempel kom, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priesters het toe die Heilige plek verlaat. Al die priesters, of dit dié dag hulle diensbeurt was of nie, het hulleself gereinig soos wat die Here se voorskrifte bepaal. |