2 Chronicles 5:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar was niks in die ark nie, behalwe die twee tafels wat Moses by Horeb daarin gesit het toe die HERE 'n verbond gesluit het met die kinders van Israel toe hulle uit Egipte uitgetrek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was niks in die ark nie behalwe die twee plat klippe wat Moses by die Horebberg daarin gesit het. Dit was toe die Here ’n verbond met sy volk Israel gesluit het ná hulle uit Egipte vertrek het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar was niks in die ark nie as net die twee tafels wat Moses by Horeb ingesit het, toe die HERE 'n verbond met die kinders van Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipte. |
| Afrikaans 1983 | Daar was niks in die ark nie behalwe die twee plat klippe wat Moses by Horeb gemaak het toe die Here by die uittog van die Israeliete uit Egipte met hulle 'n verbond gesluit het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was niks in die ark nie, behalwe die twee kliptafels wat Moses daarin geplaas het op Horeb, toe die Here met die Israeliete 'n verbond gesluit het tydens hulle uittog uit Egipte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was niks in die kis nie, net die twee plat klippe wat Moses in die kis gesit het by Horeb-berg. Hy het dit gedoen toe die Here met die Israeliete 'n verbond gemaak het nadat hulle uit Egipte gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was niks in die ark nie behalwe die twee plat klippe wat Moses by Horeb daarin gesit het. Hy het dit gedoen toe die Here ’n ooreenkoms met Israel aangegaan het, nadat hulle uit Egipte vertrek het. |