2 Chronicles 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So is al die werk voltooi wat Salomo vir die huis van die HERE gemaak het, en Salomo het alles ingebring wat sy vader Dawid geheilig het; en die silwer en die goud en al die gereedskap het hy onder die skatte van die huis van God gesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Salomo al die werksaamhede in verband met die bou van die Here se tempel afgehandel het, het hy die gewyde voorwerpe van sy pa, koning Dawid, gebring. Dit het al die silwer en goue toebehore ingesluit wat in die skatkamer van die tempel van God bewaar is.
Afrikaans 1933/1953 Toe al die werk gereed was wat Salomo vir die huis van die HERE gedoen het, het Salomo die heilige gawes van sy vader Dawid ingebring, die silwer sowel as die goud, en al die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van God neergesit.
Afrikaans 1983 Nadat al die werk wat Salomo aan die huis van die Here gedoen het, afgehandel is, het hy die besondere wydingsgeskenke van Dawid, sy pa, ingebring. Die silwer en goud en al die toebehore het hy in die voorraadkamers van die tempel van God gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe al die werk wat koning Salomo aan die huis van die Here gedoen het, afgehandel was, het Salomo die •heilige gawes van sy vader Dawid, die silwer en goud en al die ander voorwerpe, na binne geneem en dit in die skatkamers van die huis van God geplaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Salomo al die werk by die tempel klaar gedoen het, het hy die gewyde presente van sy pa Dawid gebring. Dit was die silwer en die goud en al die goed, en hy het dit in die tempel se stoorkamers gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die bouwerk aan die tempel van die Here is voltooi. Daarna het Salomo al die skatte wat sy pa, koning Dawid, vir die Here gegee het, na die tempel toe gebring. Hy het die silwer en goud en al die gereedskap in die tempel se skatkamers gebêre.