2 Chronicles 4:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het hy die voorhof van die priesters en die groot voorhof en deure vir die voorhof gemaak en hulle deure met koper oorgetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Salomo het ook ’n binnehof vir die priesters gebou, asook die groot voorhof. Verder het hy deure vir die ingange tot die binneste voorhof gemaak en dit met brons gedek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het hy die voorhof van die priesters gemaak en die groot voorhof en die deure vir die voorhof; en die deure daarvan het hy met koper oorgetrek. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die voorhof van die priesters ingerig en die groot binneruimte, met deure vir die binneruimte. Albei se deure het hy met brons oorgetrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hy die binnehof van die priesters gemaak, asook die groot buitehof en die deure vir die ruimte. Hierdie deure het hy met brons oorgetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die mure laat bou rondom die oop stuk grond waar die priesters kon kom, en rondom die groot oop stuk grond waar ander Israeliete ook kon kom. Daar was deure in die mure, en hy het die deure met brons-plate laat toemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo het ’n voorhof vir die priesters en ’n groot binneruimte gebou en die deure daarvan met bronsplaat oorgetrek. |