2 Chronicles 4:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook tien tafels gemaak en dit in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant. En hy het honderd goue komme gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook tien tafels gemaak en dit in die tempel neergesit. Vyf was teen die suidelike muur en vyf teen die noordelike muur. Daarna het hy 100 goue komme gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook tien tafels gemaak en hulle in die tempel gesit, vyf regs en vyf links; en hy het honderd goue komme gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Hy het tien tafels gemaak en in die voorste heiligdom gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant. Hy het honderd goue komme vir besprinkeling gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook tien tafels gemaak. Hy het in die hoofvertrek vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant geplaas. Daarna het hy honderd goue offerbakke gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het tien tafels gemaak en hy het hulle in die voorste kamer gesit, vyf regs en vyf links. Hy het ook 100 goue bakke laat maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het tien tafels laat maak en hulle in die tempel neergesit: vyf regs en vyf links. Toe het hy 100 goue kommetjies laat maak. |