2 Chronicles 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het tien goue kandelaars gemaak volgens hulle vorm en dit in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Salomo tien goue kandelare gegiet volgens die voorskrifte wat reeds gegee is, en dit in die tempel gesit. Vyf van hulle is teen die suidelike muur neergesit, en vyf teen die noordelike muur.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die goue kandelaars gemaak, tien, volgens die voorskrif daarvan, en dit in die tempel gesit, vyf regs en vyf links.
Afrikaans 1983 Hy het tien goue kandelaars gemaak volgens voorskrif en hulle in die voorste heiligdom gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het tien goue menoras gemaak ooreenkomstig die voorskrif daarvoor. Hy het in die hoofvertrek vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant geplaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het ook die goue lampstaanders laat maak soos die Here gesê het hulle moet wees. Hy het die lampstaanders in die voorste kamer van die tempel gesit, vyf regs en vyf links.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het tien goue kandelare volgens spesifikasie laat giet. Hulle is in die tempel geplaas: vyf regs en vyf links.