2 Chronicles 4:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook tien waskome gemaak en vyf aan die regter- en vyf aan die linkerkant gesit om daarin te was; maar die see was vir die priesters om in te was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook tien waskomme gemaak waarin die offergereedskap gewas kon word, vyf was aan die suidekant en vyf aan die noordekant. Die priesters het hulleself in die waterbak gewas. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het tien waskomme gemaak en vyf regs en vyf links gesit om in te was; die gereedskap van die brandoffer moes hulle daarin afspoel, maar die see was vir die priesters om daarin te was. |
| Afrikaans 1983 | Hy het tien waskomme gemaak en vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant gesit. Daarin spoel hulle die offergereedskap af. Die waterbak is vir die priesters om in te was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook tien waskomme gemaak, en vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant geplaas om daarin af te spoel – alles wat gebruik is vir die •brandoffer is daarin skoon gespoel. Die See was egter net vir die priesters om hulle in af te spoel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Salomo het tien was-skottels laat maak. Hy het vyf skottels regs langs die waterbak neergesit, en vyf skottels links. Die priesters moes die gereedskap vir die brand-offer afspoel in die skottels. Die priesters moes hulleself in die waterbak was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo het tien wasskottels laat maak. Hulle is vyf-vyf aan die regter- en linkerkant neergesit. Dié skottels is gebruik om die goed te was wat geoffer moes word, maar die priesters het hulleself in die see gewas. |