2 Chronicles 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy dikte was 'n handbreedte, en die rand daarvan soos die werk van die rand van 'n beker, met leliesblomme; en dit het drieduisend bat ontvang en gehou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die rand van die waterbak was ongeveer ’n handbreedte dik en die rand is gevorm soos ’n beker of die kelk van ’n lelie. Dit kon 66 kiloliter water bevat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die dikte daarvan was 'n handbreedte, en sy rand was in die vorm van 'n bekerrand, soos 'n lelieblom; wat die inhoud betref, het dit drie duisend bat gehou. |
| Afrikaans 1983 | Die waterbak was nege sentimeter dik en sy rand was soos 'n beker se rand in die vorm van die kelk van 'n lelie. Dit kon ses en sestig kiloliter bevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die dikte van die wand was 'n handbreedte, en die rand was soos dié van 'n beker, soos die kelk van 'n narsing. Dit kon drieduisend bat hou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die waterbak se rand was een sesde el dik, en die rand was soos die rand van 'n beker. Die rand het gelyk soos 'n lelieblom. Die waterbak het 3 000 bat water gehou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dikte van die see se metaal was omtrent nege sentimeter. Die rand was in die vorm van ’n leliekelk, soos ’n beker se rand. Die see kon oor die 60 kiloliter water hou. |