2 Chronicles 4:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die snuiters en die komme en die skepe en die wierookpanne van suiwer goud; en die ingang van die huis, die binnedeure daarvan vir die Allerheiligste en die deure van die huis van die tempel, was van goud. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | die snuiters, komme vir besprinkeling, skottels en vuurpanne, alles van suiwer goud, die deure vir die toegang tot die binnedeure na die heiligdom en die Allerheiligste en die deure na die voorste heiligdom, alles met goud oorgetrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die messe en die komme en die rookpanne en die vuurpanne van fyn goud; en wat die ingang van die huis betref, die binnedeure daarvan na die Allerheiligste en die deure van die huis na die hoofvertrek was van goud. |
| Afrikaans 1983 | die skêre, die komme vir die besprinkeling, die panne en die vuurbakke, alles van suiwer goud. Ook die ingang van die tempel, sy deure, die binnekant van die Allerheiligste en die deure van die voorste heiligdom was van goud. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die messe, offerbakke, skottels en die vuurpanne van fyngoud, die toegang na die •tempel, dit is sy binnedeure na die •Allerheiligste, en die deure van die tempel na die hoofvertrek – dit alles was van goud. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die skêre, die bakke, die panne en die vuurbakke was ook alles van skoon goud. Die ingang van die voorste kamer, die binnedeure na die hoog-gewyde kamer en die deure van die voorste kamer was alles van goud. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | skêre, kommetjies, bakke en panne. Ook die deure van die Allerheiligste en die groot vertrek van die tempel is met goud oorgetrek. |