2 Chronicles 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook die potte en die skoppe en die vleishoeke en al hulle gereedskap het Huram, sy vader, vir koning Salomo gemaak vir die huis van die HERE van blink koper.
Afrikaans (NLV) 2011 die potte, skoppe en vurke, en al die tempelgereedskap. Hiram het al hierdie voorwerpe vir die tempel van die Here van gepoleerde brons gemaak net soos koning Salomo gevra het.
Afrikaans 1933/1953 en die potte en die skoppe en die vurke en al die daarby behorende gereedskap het Huram Abiw vir koning Salomo ten behoewe van die huis van die HERE van gepolyste koper gemaak.
Afrikaans 1983 die potte, skoppe en vurke. Al die nodige toerusting het die meestervakman Hiram vir koning Salomo vir die huis van die Here vervaardig van gepoleerde brons.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die houers, skoppies, drietandvurke en al die bypassende gereedskap. Huram-Abi het dit vir koning Salomo, vir die huis van die Here, gemaak van gepoleerde brons.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) die potte, die grawe en die vurke en al die ander gereedskap. Die meester-ambagsman Hiram het dit vir koning Salomo gemaak om in die tempel te gebruik. Hy het dit gemaak van brons wat hy blink gevryf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) die bakke, skopgrawe, vurke en al die ander gereedskap. Dit alles het die meestervakman Hiram van gepoleerde brons vir die tempel van die Here gemaak.