2 Chronicles 4:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Huram het die potte en die skoppe en die komme gemaak. En Huram het die werk voltooi wat hy vir koning Salomo vir die huis van God moes maak; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Huram het ook die nodige potte, skoppe en komme gemaak. Eindelik het Huram alles voltooi wat koning Salomo aan hom opgedra het om vir die tempel van God te maak: |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Huram die potte en die skoppe en die komme gemaak; en Huram het die werk voltooi wat hy vir koning Salomo in die huis van God gedoen het: |
| Afrikaans 1983 | Hiram het die potte, die skoppe en die komme vir besprinkeling gemaak. So het hy die werk afgehandel wat hy vir koning Salomo aan die tempel van God moes doen: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het Huram die houers, die skoppies en offerbakke gemaak. So het Huram die werk afgehandel wat hy vir koning Salomo in die huis van God moes doen. Dit was: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiram het potte en grawe en bakke gemaak. Hy het die werk klaargemaak wat hy vir koning Salomo by die tempel moes doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiram het ook bakke, skopgrawe en kommetjies gemaak en die werk voltooi wat hy vir Salomo in die tempel moes doen. Hy het die volgende metaalvoorwerpe uit brons gemaak: |