2 Chronicles 36:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jojagin was agt jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande en tien dae in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jojagin was agtien jaar oud toe hy koning geword het, maar hy het net drie maande en tien dae in Jerusalem regeer. Jojagin het gedoen wat verkeerd was vir die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Agttien jaar was Jojagin oud toe hy koning geword het, en drie maande en tien dae het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Jojagin was agtien jaar toe hy koning geword het en het drie maande en tien dae in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jojagin was agttien jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande en tien dae lank as koning geheers in Jerusalem. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jojagin was ag jaar oud toe hy koning geword het, en hy was drie maande en tien dae lank koning in Jerusalem. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jojagin was agtien jaar oud toe hy koning geword het. Hy het drie maande lank in Jerusalem regeer. Die Here was nie tevrede met wat Jojagin gedoen het nie. |