2 Chronicles 36:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die verdere geskiedenis van Jojakim en sy gruwels wat hy gedoen het, en wat in hom gevind is, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda; en sy seun Jojagin het in sy plek geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die ander gebeurtenisse tydens Jojakim se regering, die afskuwelike dinge wat hy gedoen het en alles wat teen hom gevind is, is opgeteken in Die boek van die konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het hom as koning opgevolg.
Afrikaans 1933/1953 Die verdere geskiedenis van Jojakim en sy gruwels wat hy bedryf het, en wat verder by hom gevind is, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda; en sy seun Jojagin het in sy plek koning geword.
Afrikaans 1983 Die ander verhale oor Jojakim, die afskuwelike dinge wat hy gedoen het en wat met hom gebeur het, is opgeteken in Die Boek van die Konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het hom as koning opgevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verdere geskiedenis van Jojakim, sy afstootlike dinge wat hy gedoen het, en wat teen hom gevind is, kyk, dit is opgeteken in die boekrol van die konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het in sy plek koning geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ander dinge wat Jojakim gedoen het, die dinge wat hy gedoen het wat die Here gehaat het, en die dinge wat met hom gebeur het, dit is geskryf in die Boek van die Konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het koning geword ná hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die res van Jojakim se geskiedenis, al die slegte dinge wat hy gedoen het en wat met hom gebeur het, is opgeskryf in Die Geskiedenis van die Konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het hom opgevolg.