2 Chronicles 36:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nebukadnésar het ook van die voorwerpe van die huis van die HERE na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel neergesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nebukadnesar het ook van die skatte uit die tempel van die Here gevat en dit in sy paleis in Babel gesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook van die voorwerpe van die huis van die HERE het Nebukadn,sar na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel gesit. |
| Afrikaans 1983 | Nebukadnesar het van die goed in die huis van die Here ook na Babel toe gevat en dit in sy tempel in Babel gesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van die toebehore in die huis van die Here is deur Nebukadnesar na Babel geneem. Hy het dit in sy paleis in Babel neergesit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nebukadnesar het ook party van die goed wat in die tempel was, na Babel geneem en hy het dit daar in sy paleis gesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nebukadnesar het ook voorwerpe uit die tempel van die Here vir homself gevat en dit in sy tempel in Babel gaan sit. |